BLOG

Heb 12:1b-2

“Laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van ons geloof.”

 

Wat sien jy vandag as jy rondom jou kyk?

Wat sien jy as jy die televisie aan skakel, die koerant lees of sosiale media oopmaak

Die geweld, moord, onrus, swaarkry, korrupsie, probleme met Eskom, hoë brandstop pryse ens.

Miskien is jy self in ‘n situasie in jou lewe waar dinge maar donker en onseker lyk. Dit lyk letterlik of daar nie lig aan die einde van die tonnel is nie

Bloot net om aan al hierdie dinge te dink, laat jou moed en hoop verloor.

Maar die vraag wat ek jou vandag wil vra is: moet ons blind staar teen hierdie omstandighede? Is dit al wat jy raaksien?

As ons Heb 11 lees, sien ons hoe die geloofshelde van die Ou Testament ten spyte van die donkerste en moeilikste omstandighede hulle geloof en hoop behou het. 

Wat was hulle geheim?

HULLE Oë WAS OP DIE HERE GEVESTIG

Daarom kan ek vanoggend vir jou sê om nie net die storms, onsekerheid, geweld en probleme raak te sien nie.

Nee, kyk na Jesus Christus. Konsentreer op Hom. Leer Hom opnuut ken en vertrou vandag.

Die Bybel sê dat “Jesus is dieselfde gister , vandag tot in alle ewigheid.”

Dit wat Hy vir al die geloofshelde in de Bybel gedoen het, wil Hy graag vir jou ook doen.

Wat kan jy vandag doen om weer moed, hoop en geloof te kry?

Die Bybel se ons moet ons oë op Jesus gevestig hou. Hoe doen jy dit?

Eerstens, vra Hom om opnuut jou lewe in beslag te neem. Vra Hom reg nou om jou te vergewe dat jy toegelaat het dat omstandighede jou oë van Hom afgehaal het.

Tweedens, vestig dan jou aandag op Jesus Christus en volgens Jes 55:6 “Vra na die Here, terwyl jy Hom nog kan vind. Roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.”

Doen dit nou, roep Hom aan – Hy staan gereed met die Antwoord.