Jesaja 49:6b
"Ek gee jou as 'n Lig vir Nasies"
Lig vir Mekaar
Lig vir die Gemeenskap
Lig vir die Wêreld
Wie is AGS iLumen Kerk? ('n Kort geskiedenis)
In 1909 ontstaan die kerk en word genoem ‘Boksburg Noord Gemeente’
Henry Lacey begin kerkdienste hou in 'n steengroewe in Boksburg Noord. In 1911 word Pastoor Henry S Dokrall beskruif as die huidige pastoor van die AGS Boksburg Noord in die uitgawe van die tydskrif “The Comforter”
Daar het vanaf 1911 – 1938 verskeie pastore gedien in die gemeente tot dat Pastoor A Schoeman in 1938 beroep is as die eerste leraar van die Boksburg Noord Gemeente.
Die gemeente het later verskuif na 'n saaltjie in Derde Straat. In 1934 word 'n nuwe kerk gebou ingewy op die hoek van Sesde en Negende Laan. Daar word dienste gehou tot en met 1978. In 1974 word 'n nuwe standplaas gekoop vir R26 000 van 2 hektaar wat tot huidiglik gebruik word. Die bouwerk het begin en is voltooi in 1978 waar die nuwe kerkgebou ingewy is op 25 Februarie. Die naam van die gemeente het verander na AGS Beyerspark. Die gemeente groei vinnig en daar word vasgestel dat klaskamers vir Sondagskool opgerig moet word. Kantore is ook bygevoeg.
Tydens die bediening van Pastoor Johan Smith begin die bouwerk aan die huidige kerkkompleks of “Nuwe Kerk” soos dit bekend staan. Die Nuwe Kerk word in 1992 onder die bekwame leiding van Pastoor Christo Visser voltooi. Die omvat van die kerk, saal en kantore word in April van 1992 ingewei. Die groot finansiële bydrae wat Gert van der Westhuizen gemaak het tot uitbreiding en bouwerk van die Nuwe Kerk sal altyd onthou word.
Baie veranderinge het plaasgevind vanaf 1909 tot huidiglik waar Pastoor Francois de Jager beroep is na AGS Beyerspark in April 2024 – nou bekend as AGS iLumen Boksburg.
AGS iLumen Boksburg - Lig vir Elkeen
© 2025 agsilumenboksburg.com
inhoud ontwikkel deur chemcoolweb privaat dokumentasie

