BLOG

Die Rol van die Heilige Gees 

Teks Sag 4:6
“Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur My Heilige Gees, sê die Here die Almagtige”

* Net soos die woestyn droog is omdat dit nie reen nie, so is ons lewens sonder die Heilige Gees
* Die Heilige Gees word met baie dinge vergelyk in die Bybel, maar Jesaja vergelyk die lewe wat vol van die Heilige Gees is met ñ lee woestyn wat reen en water kry. Dis ñ simbool van Nuwe Lewe! (oorvloed)
* Wanneer ons die Heilige Gees toelaat in ons lewe, transformeer Hy elke area van ons lewe
* Hy verander eenvoudig mense soos ek en jy om bonatuurlike dinge vir God te doen
* Hy het Simson in ñ kragmasjien verander (Rig 14:6) “Die Gees van die Here het Simson sterk gemaak”
* Hy het Salomo verander in die man met die meeste wysheid
* Hy het gewone vissermanne verander in magtige Apostels
* Deur die Heilige Gees het Israel hulle vyande verslaan
* Soos ju gereed maak om in elke dag in te gaan, waar het jy nodig dat die Heilige Gees jou lewe moet transformeer? 
-Verhoudings 
-Geestelike Dissipline
-Familie
-Finansies
-Huwelik
-Skool / Studies
-Werk
* Erken nou dat jy die Heilige Gees se krag nodig het in elke area van jou lewe elke dag en laat Hom toe om beheer te neem 
*Hy het die nodige krag en wysheid wat nodig is. Gee net totale oorgawe aan Hom.